Die Hoenderkop

Restaurant & Watergat

"Gooi Mielies"

"ons hou ons simpel in die middel van Oudtshoorn"

Die Hoenderkop is Suid-Afrika se eerste en enigste museumkroeg en is deel van die CP Nel Museum in   Oudtshoorn.

Oudtshoorn is in 1847 langs die Grobbelaarsrivier op die plaas Hartebeesfontein uitgelê en na 'n kleindogter van goewerneur Pieter van Reede van Oudtshoorn (1714-1773) vernoem. Die gebou is ontwerp deur Charles Bullock (1870-1909) en is in 1906 opgerig. Dit is vernoem na kolonel Charles Paul Nel (1878-1950), 'n suksesvolle sakeman en versamelaar van oudhede.

Die Hoenderkop word beskou as een van die drinkplekke tydens die  Klein Karoo Nasionale Kunstefees wat jaarliks hier op die dorp gehou word. Die gewildheid van die kroeg word deels toegeskryf aan die groot getalle bekende sowel as onbekende mense wat jaarliks hierheen kom om 'n storie in die openbaar te vertel.