Waar is my Sannie met haar vlegsels
En oë so blou?
Waar is die koesisters en melktert,
Waar is jou wafeltjies nou?
Waar's jou tjoklitkoek en
jellie
Waarvan ek so hou?
O, Sannie, ek verlang so
baie
Om weer jou oortjies te kou!
My Sannie woon nou by die Aussies
Doer
oor die see.
Jy't
land verlaat -- en waar's my kossies?
Jy
vat jou soetigheid mee!
Waar's jou poeding en jou
pan'koek
Waarvoor ek nou skree?
O, Sannie, ek verlang so
baie
jou ook 'n sweetie te gee!
Waar is my Sannie met haar vlegsels
En oë so blou?
Waar is die koesisters en melktert,
Waar is jou wafeltjies nou?
Waar's jou tjoklitkoek en
jellie
Waarvan ek so hou?
O, Sannie, ek verlang so
baie
Om weer jou oortjies te kou!
|