Êrens
duskant die skaapkraal
wag my lam --
Ek weet dat sy haar hare
met 'n turksvyblad kam.
Ek weet sy het nou troukoors;
ek is bang!
Ek is jonk en wil my nie
reeds in 'n strik laat vang!
Dan fladder daar 'n tsetsevlieg,
my
lam word aan die slaap gewieg
-- sy droompies . . .
Sy droom van pêrels en van lint
en trippel soos 'n lentekind
oor stroompies . . . stroompies . . .
O,
sy wil mos getroud kom,
dit
weet ek!
Laat ek waai of ek sit nog
met 'n strop om my nek!
Sy droom van pêrels en van
lint
en trippel soos 'n lentekind
oor stroompies . . .
|